Local newsSport

Ruiters palm plekke in

Ruiters van Fochville het die afgelope week ons omgewing se naam tydens SANESA, die skole perdryvereniging, se nasionale kampioenskap hoog gehou.

Dié kampioenskap is op 11 en 12 Augustus by die AfriDome in Parys gehou.
Mariolee Brandon van Laerskool Fochville het op haar Saalperd Stumble Inn ‘n eerste, tweede en twee derde plekke verower. Sy het ook haar Gauteng skole-kleure gekry en het amptelik die provinsie tydens die byeenkoms verteenwoordig. Gauteng is as die kompetisie se wenners aangewys.
Nóg ‘n leerder van die skool, Annemie Brandon, het ook tydens die kampioenskap presteer. Sy het op die Fries Halley en die Saalperde Klipdrift en Xxx meegeding en met ‘n eerste sowel as vier tweede plekke weggery.
Dié plekke het verseker dat Annemie een van net ses ruiters was wat tydens die byeenkoms volle Gauteng-kleure verwerf het.
Intussen het nóg twee van die skool se ruiters ook uitstekend presteer.
Jané Nel het met Springtime Pinto ‘n eerste plek in die Show Hack afdeling en ‘n derde plek in die Equitation sowel as ‘n vyfde plek in Performance met Hollywood Penny ingepalm. Emily Benson het ‘n tweede plek in die vlak 2 stap/ draf Performance en ‘n vyfde plek in die vlak 2 draf Equitation ingepalm.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button