Local newsSport
Jaguars draf Saterdag op hul tuisveld uit
Alle rugby-liefhebbers word Saterdag na ‘n groot plaaslike kragmeting uitgenooi.
Ons eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, gaan dié dag teen een van hul groot opponente, die Harlequins, te staan kom.
Die wedstryde word op die Jaguars se tuisvelde by die Gert van Rensburg-stadion gespeel.
Die tweede span draf om 14:40 op die veld terwyl die Eerstes se wedstryd om 16:00 sal begin.
‘n Gelukkige toeskouer staan ook die kans om ‘n prys te wen indien die Herald hulle in die skare uitwys.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.