Local newsSport

Jaguars wys ander hóé

Ons area se rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, het verlede Saterdag hul opponente gewys wie is baas.

Die Jaguars se spanne het op hul tuisveld by die Gert van Rensburg Stadion in Fochville teen Kagiso te staan gekom.
Die Eerstes het hul wedstryd 28 – 3 gewen en hul teenstanders het met ‘n halfuur se speeltyd oor van die veld af geloop. Thinus Jansen van Vuuren is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die Jaguars se o.21-span het ook met ‘n reusetelling van 49 – 12 gewen. JJ van Zyl was hier die Speler van die Wedstryd. Die Jaguars het ook die vorige naweek uitstekend in hul wedstryde teen Union van Johannesburg presteer.
Die Eerstes het hul opponente met ‘n telling van 24 – 19 in die stof laat byt, terwyl die tweede span ook 28 – 0 geseëvier het.
Die Jaguars se o.21-span het outomaties as wenners uit die stryd getree omdat Union nie ‘n span gehad het nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button