Local newsSport

FRC atlete se bene hou

Al die atlete van FRC (Fanatics Racing Club) wat Sondag die jaarlikse Comrades ultramarathon aangepak het, het dit voltooi.

Fochville se ster ultramarathon-atleet, Cornel Metcalfe, het in ‘n tyd van 09:42:09 eerste oor die eindstreep gedraf. Metcalfe, wat die afgelope jaar of wat al verskeie langer ultramarathons gewen het, het vanjaar die Comrades vir die 16de keer aangepak.
Paul du Plessis was met ‘n tyd van 09:42:49 die klublid wat tweede oor die wenstreep was met Michael Cuypers wat in ‘n tyd van 09:57:21 derde geëindig het.
Olebile Pule, wat vanjaar die Comrades vir die 19de keer aangedurf het, het dit in ‘n tyd van 10:15:16 voltooi. Dit het hom derde vir die klub geplaas.
Die ander FRC-lede wat die Comrades onder 11 ure voltooi het, se uitslae is: Coleen Schmidt (10:20:37), Donovan Williams (10:26:34), Elmarie Hayes (10:26:34), Jabulane Naas Lambert (10:47:48) en Stefan Feyt (10:51:17).
Verskeie klublede het ook die Comrades in ‘n tyd van tussen 10 en 11 ure voltooi. Hul uitslae is: Victor van der Merwe (11:05:14), David Volkwyn (11:05:15), Lize Jansen (11:15:15), Bernie Jansen (11:15:15), Stephanus Petrus Janse van Vuuren (11:40:13), Conrad Freese (11:40:53), Annelisa Freese (11:40:53), Ian du Plessis (11:49:30), Lumeri Feyt (11:51:03), Eureka de Smidt (11:53:52) en Adrian Stallenberg (11:53:52).

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button