Local newsSport

Fochvillers maak skoonskip op SA’s

Kragoptellers van Fochville het die afgelope naweek by die Suid-Afrikaanse kragoptel kampioenskap wat in Potchefstroom gehou is, skoonskip gemaak.

Die kompetisie, waar die beste kragoptellers van reg oor die land teen mekaar kragte meet, is in die Elgro Hotel gehou.
Volgens Hannie Smith, voorsitter van die sport se wêreldliggaam, die International Powerlifting Federation (IPF)) se tegniese komitee, het kragoptellers van die Fochville-omgewing verskeie prestasies tydens die kampioenskap ingepalm.
Joe Smith het die eerste plek in die 120 kg senior mans-afdeling ingepalm toe hy ‘n totaal van 840 kg opgetel het. Smith het 325 kg gehurksit (squat), 215 kg tydens ‘n ‘bench press’ gelig en 300 kg in ‘n ‘deadlift’ opgetel.
Dié prestasies gee ook aan hom die titel as die algeheel beste mans opteller. Hy kwalifiseer ook vir Protea-kleure om 20 Junie aan die sport se wêreldkampioenskap in Malta te gaan deelneem. Marcel Strydom het die 120 kg junior-afdeling gewen, terwyl Quinton van der Merwe die 105 kg meestersafdeling gewen en Kay-Dee van Rooyen die jeug-meisiesafdeling gewen het en ook as die beste opteller in dié afdeling aangewys is. Nóg ‘n Fochviller, Christo Schoonraad, het die meesters 3-afdeling gewen, is as beste opteller in die afdeling aangewys en het al die rekords in dié afdeling gebreek.

Joe in aksie tydens die kampioenskap. Foto: verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button