SportSport

Fochies maak skoonskip by rugby-reeks

Op Saterdag 28 Augustus het Hoërskool Fochville se rugbyspanne geskiedenis gemaak, deur vir die eerste keer die B en C-afdeling van die Roodepoort Rugby Reeks vir Hoërskole te wen.

Op Saterdag 28 Augustus het Hoërskool Fochville se rugbyspanne geskiedenis gemaak, deur vir die eerste keer die B en C-afdeling van die Roodepoort Rugby Reeks vir Hoërskole te wen. Daarby is vyf Fochie spelers in die verteenwoordigende spanne ingesluit en Fochies se kaptein is as speler van die
reeks aangewys. Volgens mnr. Christo Meyer, hooforganiseerder van die reeks is die Roodepoort Rugby Reeks die oudste en grootste skole rugbyreeks in Suid-Afrika. Dit het voorheen as die ABI Coke Reeks bekendgestaan. Verskeie groot name in Suid-Afrikaanse rugby is vir die eerste keer by die reeks raakgesien en in die reeks se verteenwoordigende spanne opgeneem wat daarna vir die provinsiale spanne en Springbokke rugby gespeel het. Vanjaar se reeks het weer gewys waarom dit so gewild is en gesien word as die grootste ontwikkelingstoernooi in Suid-Afrika.Hoërskool Fochville se “Coke Light” span wat die basis gaan vorm vir die Fochies se tweede span in 2016, het in die finaal van die C-afdeling van die toernooi

teen die gedugte span van Roodepoort Hoërskool te staan gekom. Die wedstryd was soos verwag kliphard, en halftyd het die Poort voorgeloop met 5 punte teen Fochies se 0. Die Fochie span, aangevoer deur Shane van Loggenberg, het egter in die tweede helfte deur pragspel van sy kaptein van Loggenberg, wat ook in die wedstryd as “man van die wedstryd” aangewys is, teruggeveg en met 16 punte teen Roodepoort se 10 die wedstryd in Fochies se guns beklink. Volgens mnr. Corrie Jordaan, die “Fochie Lights” se buite-afrigter was die wen vir Fochies ’n groot prestasie, aangesien hulle die ‘eerste’ spanne van die ander skole in die reeks aangevat het en as wenners van die veld kon stap. Fochies se “Coke span” wat gesien word as die voornemende eerste span van 2016, het in die B-afdeling finaal te staan gekom teen die klipharde opponente van Krugersdorp High School. Die “Fochies se beste” het vroeg in die wedstryd gewys dat hulle van plan was om die wedstryd te wen en het teen halftyd reeds met 21 punte teen KHS se twee voorgeloop. Die voor- en agterspelers het as ’n eenheid saamgespeel en toe die eindfluitjie blaas was die telling 46 – 2 in die “Blou Golf” se guns. Die span se onderkaptein Franco Claasen is as die “man van die wedstryd” aangewys. Na die wedstryd het Jurgens Bence, Fochies se katein gesê dat die span se vertoning in die reeks belangrike voorbeiding was vir die finalisering van die 2016 eerste span. Volgens Bence was die oorwinning in die reeks ook ’n perfekte afsluiting vir die 2015 skolerugby seisoen. Mnr. Bobby McLeod het na afloop van die reeks gesê dat hy baie trots is op die jong manne wat aan die reeks deelgeneem het. Volgens McLeod is die wen van twee afdelings in die reeks ’n hoogtepunt vir hom as afrigter wat reeds vir 25 jaar by die reeks betrokke is. McLeod wat na afloop van die toernooi as Bestuurder van die Roodepoort Reeks se Verteenwoordigende Span

aangewys is, het die vyf spelers van Fochville wat in die spanne ingesluit is, gelukgewens met hulle insluiting en bygevoeg dat hy glo dat hulle die skool se naam sal hoog hou tydens die wedstryde wat op 12 September in Durban en 19 September in Roodepoort gespeel gaan word. Die volgende Fochie spelers is in die Roodepoort Reeks se spanne opgeneem: Jurgens Bence (6 flank), Duncan McLeod (7 flank), Franco Claasen (skrumskakel), Janrich Meyer (8ste man) en Anro Steenekamp (senter). Fochies se kaptein, Jurgens Bence is na afloop van die reeks as speler van die reeks aangewys. Volgens Bence is die toekenning ’n kersie op sy reeds vol rugby koek vir 2015. Hy is in 2015 aangewys as kaptein van die Leeus se o/18 Presidentspan, is ingesluit in die Leeus se Akademiespan en is nou in die Roodepoort Reeks se verteenwoordigende span ingesluit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button