SportSport

Gimmies dra weer die Prestige-kroon

Potchefstroom Gimnasium is die afgelope naweek vir die derde keer weer gekroon as die algehele wenner van die NWU-PUK Prestige Sportreeks waaraan 16 skole deelgeneem het.

Potchefstroom Gimnasium is die afgelope naweek vir die derde keer weer gekroon as die algehele wenner van die NWU-PUK Prestige Sportreeks waaraan 16 skole deelgeneem het.

Alle deelnemers se prestasies word in berekening gebring om die uiteindelike algehele kampioen te bepaal en wel op die volgende formule: rugby, netbal en dogtershokkie tel elk 25% en die kleiner sportsoorte (skaak, gholf, tennis, landloop en seunshokkie) ook 25%.

Dit is die derde jaar agtereenvolgend dat Gimmies hierdie puik prestasie behaal het. Die ander deelnemende skole, in volgorde van hoe hulle na Gimmies (497 punte) geëindig het is: Noordheuwel (467 punte), Middelburg (448 punte), Zwartkop (439 punte), Volkies (381 punte), Hugenote (370 punte), Lichtenburg (357 punte), Die Anker (300 punte), HTS Witbank (269 punte), Jeugland (269 punte), Wesvalia (269 punte), Driehoek (228 punte), Oosterlig (223 punte), Wonderboom (220 punte), Hoogenhout (179 punte) en Bastion (109 punte). Gimmies is as algehele netbalwenners van die reeks aangewys met 152 punte, Noordheuwel was tweede met 142 punte en Volkies derde met 135 punte. Rugby se topdrie was Noordheuwel (125 punte), Gimmies (120 punte) en Zwartkop (118 punte). Hokkie se topdrie was Lichtenburg (112 punte), Middelburg (108 punte), Gimmies en Hugenote (beide 104 punte), deel die derde plek.

Die kleiner sportsoorte se topdrie was Zwartkop (147 punte), Gimmies (141 punte) en Middelburg (127 punte). Die topdrie by elk van die kleiner sportsoorte (wat gesamentlik ‘n kwart tel) het as volg geëindig: Skaak- Gimmies, Noordheuwel en Zwartkop deel die eerste plek met 28 punte elk, Middelburg volg met 24 punte en Jeugland met 23 punte; Gholf – Middelburg en Zwartkop deel die eerste plek met 30 punte elk, Gimmies (24 punte) en Volkies (22 punte); Tennis – Lichtenburg (31 punte), Zwartkop (30 punte) en Gimmies (29 punte); Landloop – Zwartkop (32 punte), Gimmies en Noordheuwel (29 punte elk) en Die Anker (25 punte); Seunshokkie – Gimmies en Noordheuwel (31 punte elk), Middelburg en Zwartkop (27 punte elk), HTS Witbank (23 punte).

* Op die rugbyveld het Gimmies se eerste span met Hoërskool Middelburg afgereken en hulle wen 17-11, nadat Middelburg teen rustyd ‘n 3 punt voorsprong gehad het (8-5). Veltie van der Merwe, Poen Euckerman en Heinrich Siepker het vir Gimmies gedruk en Jaswyn Damon het met ‘n doelskop geslaag.

* Ander uitslae: Luiperds Klein skole: 1e span: Stella 39, Ferdinand Postma 5, o.17: Ferdinand Postma 27, Stella 25, o14: Stella 24, Ferdiand Postma 7.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button