BlogsOpinions

Sms jou mening / your opinion – 10 July 2015

Sms jou mening / your opinion - 10 July 2015

  • Hi,ek wil net graag aan die mnr. met die grys double cab met die swart canopy sê moenie net soentjies blaas nie, wees ‘n man en doen die regte ding.
  • Herald heading contractor paid R800 000 for heaps of sand. Find contractor and together with Ms Flower Moyo bring them to book. So tired of all the corruption, then Merafong pleads poverty. Get them to court and jail if necessary, that is theft.
  • Die lewe is regtig lagwekkend. Net in ons dorp is die hof elke maand ‘n maand agter met onderhoud oorbetalings. Sake wat al 6 maande sloer word nie afgehandel nie, skuldige buite op borg. Die koerant berig op die voorblad oor korrupsie, terwyl ‘n ma en haar seun gesterf het, maar die beriggie is so klein, dis nie snaaks nie. Regtig ek wens dinge kan verander na normaal.
    People of Carletonville wake up. Drugs and alcohol are killing kids, adults, wives, husbands. There is a way. Give AA NA and yourself a chance. Meetings SAVF building 6 pm every Tuesday. Live sober, live clean, live strong. Everybody welcome. Contact Nico 082 461 9627.
  • Hendrik Greeff, jy is die baas van ‘n Brahmaan bees, ou seun jy is jou pa se kind.. Hou dit so maat.
  • Hi Elna’tjie ek bid dat die Here jou krag en sterkte sal gee in wat jy doen met jou bakkery. Liefde. R.D
  • Esther Marais, jy is net ‘n aanwins vir President. Dankie dat jy deur vele jare, altyd daar is wanneer ons jou nodig het. Professioneel, hulpvaardig, vriendelik! In enige situasie, met alle navrae of versoeke. Baie dankie, jy is spesiaal. Sanette Redelinghuys.
  • Baie dankie Stefan Pretorius van Electro Security Services, in 2 dae 4 arrestasies gemaak in 2 leë huise. Knap gedaan. Dankie Electro Services dat ons sulke mooi briefies ontvang wanneer julle ons eiendom besoek. Ons is nuwe kliënte van julle, baie dankie dat julle op ‘n Saterdagmiddag een uur vir my ‘n alarmstelsel kom installeer het, dit is uitstaande diens. Frans en Trudie Botha julle is ‘n eersteklas besigheid. Electro Security my eerste en tevrede keuse.
  • Wat gaan aan by Merafong? Elke keer as ek pre-paid krag koop, kry ek net die helfte, omdat my rekening kwansuis agter is.
  • Dit is nou al ‘n maand lank ‘n probleem. Wanneer gaan hulle dit uitsorteer?
  • Ao. Woema Havenga, Carletonville Honde-eenheid, baie dankie vir jou behulpsaamheid en dat jy altyd bereid is om ons te help! DJ White (DBV).
  • Mariette (Danie Theron), onderwysers en vrywilligers, julle is puik en ons gemeenskap kan trots wees op wat julle vermag het in so ‘n kort tydperk! Die DBV lyk pragtig en kleurvol! Ek moedig die gemeenskap aan om te gaan kyk en betrokke te raak! Daleen.
  • Carletonville Idols, wat ‘n klug! Was wenners regtig die beste? Het my tyd gemors om te gaan kyk. Het beter beoordeling verwag! Louis.
  • Lerato at the Health Department, thanks for excellent service. You are a Star!

Related Articles

Back to top button