NewsSport

Daggie-atlete presteer by D2

Carletonville se jong atlete hoef vir niemand terug te staan nie.

Verskeie van Laerskool Dagbreek se atlete het tydens die onlangse D2 atletiekbyeenkoms presteer.

Dié kragmeting is op 20 Februarie by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou en atlete wat presteer het, dring na die Gauteng kampioenskap deur.

Ruan Hurter het sy teenstanders in die o.12 hoogspring vir seuns item in die stof laat byt en die eerste plek ingepalm.

Intussen het Marli Labuscagne, Jaydean Lourens, Benoré Meyer en Bailey Slabbert die o.13 meisies aflos-item gewen.

Van die skool se ander atlete het ook vir die provinsiale kampioenskap kwalifiseer.

Gideon Viljoen was tweede in die o.13 seuns gewigstoot-item, Jaydean Lourens was tweede in die o.13 meisies verspring, Deané Marx was tweede in die o.12 meisies 100 meter en Tshegofatso Ratswana was tweede in die 100 m vir meisies o.11.

Related Articles

Back to top button