Local newsNews

Hoërskool Fochville se kore sing verhoog aan die brand

Hoërskool Fochville se kore het onder leiding van mee. Debbie Raymond en Elizna Strydom op 1 September aan die Con Spirito-kompetisie deelgeneem.

Die kore het vir elke liedjie wat hulle gesing het bo 90% behaal. Die massakoor se hoogste prestasie was 97%, die meisieskoor, bekend as die Lalitas, se hoogste prestasie was 94% en die seunskoor s’n was 93%. Die beoordelaar was buitengewoon beïndruk en het die afrigters in besonder gelukgewens met puik werk.
Daar is dan ook dadelik aangekondig dat al die kore na die volgende rondte van die kompetisie deurdring. “Dit is altyd lekker om na werk van sulke hoë kwaliteit te luister en Hoërskool Fochville is baie trots op hierdie nagtegale! Dit is ook ‘n plesier om die twee afrigters met soveel passie die kore te sien dirigeer. Die tromspeler het ook spesiale vermelding gekry en ons is baie trots op elke lid van dié drie kore! Wel gedaan! Ons sien met verwagting uit na julle volgende optredes,” sê die skool se woordvoerder, me. Elsabe de Mesquita.

Die seunskoor het hul ook uitstekend van hul taak gekwyt.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button