Local newsNews

Speurders weer môre in die hof

Die twee plaaslike speurders wat verlede week vir onder meer roof en poging tot moord gearresteer is, gaan weer môre (25 Augustus) in die hof verskyn.

Volgens die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD). Mnr. Robbie Raburabu, gaan die speurders, sers. Simphiwe Phineas Shongoyi van Carletonville en sers. Pitso Pholoalisema van Fochville in die Westonaria Landdroshof vir hul formele borgaansoeke verskyn.

Beide is steeds agter tralies na hulle ‘n week gelede na bewering twee inwoners van Bekkersdal van kontant en hul selfone beroof het. Hulle het hierna blykbaar ook ‘n brand gestig en word van roof, poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging aangekla.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button