Local newsNews

Plaaslike speurders gearresteer

‘n Speurder van Carletonville en sy kollega van Fochville sit nou self agter tralies nadat hulle die afgelope week gearresteer is.

Volgens die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD). Mnr. Robbie Raburabu, het lede van OPOD, die polisie en gemeenskapslede van Fochville en Bekkersdal by Westonaria die twee speurders op Donderdag 17 Augustus gearresteer.

Die speurders, albei sersante, het na bewering twee inwoners van Bekkersdal van hul selfone and geld beroof waarna hulle ook brand gestig het. Hulle het probeer weghardloop maar inwoners het hulle agterna gesit en ook die polisie geskakel.

Die een sersant van Carletonville het na bewering op sy kollegas en die publiek geskiet voor hy gearresteer is.

Hy het na sy arrestasie vertel wie sy makker is en hoe hul voertuig lyk. ‘n Soektog is van stapel gestuur  en die tweede sersant is by sy huis in Fochville gearresteer.

Die twee het vandag in die Westonaria Landdroshof op aanklagte van roof, poging tot moord en die beskadiging van eiendom verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button