Local newsNews

Hoewe-inwoners aangeval

‘n Werknemer op ‘n hoewe by Rooipoort buite Carletonville en sy familie is verlede week aangeval.

Die voorval het Sondag 30 Julie omstreeks 14:30 plaasgevind.

Die werknemer was besig om wasgoed te was en wou by die deur uitstap toe ‘n onbekende man in die deur verskyn.

Die rower het die werknemer in sy slaapkamer ingedwing en die sluitels na die hoof huis op die hoewe geëis. Die booswig en sy vyf trawante het die huis deursoek maar was steeds nie tevrede nie.

“Waar is die geld?” het hulle bly vra.

Toe die werknemer hulle nie kon antwoord nie het hulle hom terug in die huis gedwing en saam met sy ma en broer vasgebind en aangerand.

Die rowers het toe in ‘n Hyundai H100 gevlug. Gelukkig het een van die bure verbygekom en die werknemer kon hom vir hulp nader roep.

Diee saak is by die polisie aangemeld en vier van die rowers sowel as hul Hyundai is in Kocksoord by Randfontein gevind.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button