Local newsNews

16 leerders in botsing naby Laerskool Jongspan beseer

Nooddienste moes vanoggend bontstaan toe ‘n minibus-taxi en twee motors naby Laerskool Jongspan in ‘n ongeluk betrokke was.

Volgens ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, het die ongeluk in Tugelastraat gebeur.

Paramedici van ER24 en Gauteng Noodmediese Dienste het om 07:22 op die toneel aangekom en die voertuie in die pad aangestref. Van die leerders het op die sypaadjie gesit.

Een leerder is ernstig beseer terwyl die ander ligte tot matige beserings opgedoen het.

Al die beseerdes is per ambulans na Carletonville Hospitaal geneem om verdere mediese hulp te ontvang.

Plaaslike owerhede was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button