Local newsNews

16 leerders in botsing naby Laerskool Jongspan beseer

Nooddienste moes vanoggend bontstaan toe ‘n minibus-taxi en twee motors naby Laerskool Jongspan in ‘n ongeluk betrokke was.

Volgens ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, het die ongeluk in Tugelastraat gebeur.

Paramedici van ER24 en Gauteng Noodmediese Dienste het om 07:22 op die toneel aangekom en die voertuie in die pad aangestref. Van die leerders het op die sypaadjie gesit.

Een leerder is ernstig beseer terwyl die ander ligte tot matige beserings opgedoen het.

Al die beseerdes is per ambulans na Carletonville Hospitaal geneem om verdere mediese hulp te ontvang.

Plaaslike owerhede was op die toneel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button