Hoewel motoriste vanaf Woensdag 5 Julie weer so bietjie verligting in die petrolprys kan verwag, en selfs gas se prys skerp daal, gaan diegene met diesel voertuie meer moet opdok.
Vanaf Woensdag sal 95-oktaan petrol jou 17 sent per liter goedkoper kos, en 93-oktaan petrol word 24 sent per liter goedkoper.
Die dieselprys styg egter met 18 sent per liter (0,05% swael), en 12 sent per liter (0,005% swael) onderskeidelik.
Gas sal R,96 per kilogram goedkoper wees, en paraffien 5 sent per liter goedkoper.
You can read the full story on our App. Download it here.