Local newsNews

Twee beseer toe voertuig rol

Twee mense is in 'n stabiele toestand in die hospitaal nadat die bestuurder van 'n ligte voertuig Sondagoggend beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.

Volgens CERT-SA is die noodoproep omstreeks 01:44 ontvang nadat die voertuig by Weilbakstraat in die Meyerton-omgewing gerol het.

Albei insittendes is blykbaar tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger.

“Albei pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel terwyl daar vir ambulanse gewag is.

“Albei die pasiënte is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling en is in ‘n stabiele toestand,” sê CERT-SA in ‘n verklaring.

Hoewel die ongeluk nie in ons omgewing plaasgevind het nie, kan dit as ‘n waarskuwing dien vir ons inwoners om ook wakker op al die gevaarlike paaie te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button