Local newsNews

Motordiewe bedrywig in Oberholzer

Wees op die uitkyk vir dié skelms.

Inwoners van Oberholzer moet baie versigtig wees omdat motordiewe skielik weer meer aktief in die ongewing is.

Vanmiddag het ‘n bejaarde man wat hoorbaar ontsteld was, vir hulp op sosiale media gevra na sy blou Mazda 323 met die registrasienommer KD09KMGP voor die Spar in Oberholzer gesteel is.

“Kyk asseblief almal vir my uit,” het hy net voor 14:00 gevra.

Sover vasgestel kon word het diewe sowat ‘n uur vroeër probeer om nóg ‘n voertuig in Stasiestraat te probeer steel.

Diewe het ook onlangs ‘n Volkswagen Polo uit die omheinde parkeerterrein van ‘n kompleks in Oranjestraat gesteel na hulle die elektriese hek van sy spoor getel het.

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button