Local newsNews

Oud-Carletonviller skitter met tweede plek in Comrades

Broodryk se tyd van 5:56:26 is die derde vinnigste in geskiedenis.

Die oud-Carletonviller wat nou in Potchefstroom woon, dr. Adele Broodryk, het vandag (Sondag, 11 Junie) by die 2023 Comrades Marathon ‘n briljante tweede plek behaal in ‘n uitstekende tyd van 5:56:26. Sy het sodoende verbeter op haar derde algehele plek in die 2022 Comrades Marathon.

Adele Broodryk op pad na tweede plek in die 2023 Comrades Marathon. Foto: Nedbank Sport/Twitter.

Broodryk se tyd van 5:56:26 is die derde vinnigste in geskiedenis en plaas haar voor legendes en voormalige wenners soos Maria Bak en Elena Nurgalieva.

Hierdie Nedbank-atleet is ‘n senior lektor in menslike bewegingskunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Die rekords het behoorlik platgeval in die  2023 Comrades Marathon vanaf Pietermaritzburg na Durban (87.7km) met die wenner, Gerda Steyn, wat ‘n 34-jaar oue rekord in die vroue af-wedloop verbeter het. Steyn het in 5:44:54 met ‘n groot glimlag op haar gesig klaargemaak. Die vorige rekordhouer was die Comrades-legende Frith van der Merwe wat sedert 1989 die rekord van 5:54:43 behou het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button