Local newsNews

Fochviller het ‘n plan met gas

'n Inwoner van die Fochville-omgewing glo hy het 'n plan wat inwoners van die omgewing sal help om hul gasbottels langer te laat hou.

Mnr. Johann de Kock, wat op ‘n plaas in die Raatskraal-omgewing naby die dorp woon, het onlangs ‘n klein toestel, wat hy die GasMiser noem, se patent by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer.
“Ek is al lankal hiermee besig want ek het baie Namibië toe gegaan en altyd gewonder hoe mens jou gasbottels langer kan laat hou. Daar gaan baie gas onnodig verlore, veral wanneer jy net die bottel oopdraai,” vertel De Kock.
Volgens hom was dit maar baie “trial and error” gewees om iets te maak wat reg werk om die snelheid waarteen die gas uit die bottels vloei, te beperk sonder om die doeltreffendheid van die toestel waarmee dit gebruik word te benadeel. Hy het egter sy patent, wat in drie groottes vir gewone gasbottels en groter bottels vir verwarmers en stowe kom, vir inwoners van Greenspark gegee om te toets.
“Hulle sê jy kan tot 22 ekstra dae se verbruik op jou stoof kry,” sê De Kock.
Volgens De Kock het sy lewe verander toe hy in 2021 deur ‘n groep rowers op die plaas aangeval is.
“Ek word 80 in Oktober en weet nie meer hoe lank ek hier gaan wees nie en wil eintlik hê dat iemand die projek by my oorneem. My droom is om ‘n Bybelstudie-groep op elke dorp te vestig met die geld wat ek hiermee maak,” sê De Kock.
Volgens De Kock is hy reeds onder meer met die ontwikkelaar van ‘n Afrikaanse koop-en-verkoop webtuiste aan die praat om sy patent moontlik deur hulle te laat verkoop.
Enige iemand wat meer oor De Kock se projekte wil weet, kan hom by 082 599 1817 skakel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button