Local newsNews
Deelkraal-man sterf in motorfietsongeluk
Die Wild Hogs Motorfietsklub in Fochville is diep geraak deur die dood van hul lid.
Die 60-jarige Marius de Beer van Deelkraal het Maandagmiddag 6 Junie tragies gesterf in ‘n motorfietsongeluk op die R500 (Parys/Fochvillepad) net voor die ingang na Smilin Thru.
Hy was die oggend in Bloemfontein waar hy ‘n motorfiets gekoop het, en was onderweg huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel oorlede.
Marius was vir sowat vyf jaar lid van die Wild Hogs Motorfietsklub in Fochville. Sy dood het klublede diep geraak.
Een van die klublede, Johan Britz, het Marius beskryf as ‘n stil, rustige en godsdienstige man. ‘n Omgee-mens wat onder sy mede-klubmaats die bynaam ‘Pappa Smurf’ gehad het.
Ons opregte medelye met Marius se naasbestaandes en vriende, en dank aan hulle wat bystand op die ongelukstoneel verleen het.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.