Local newsNews

Man wat verdrink het se liggaam gevind

Hierdie man (29) het vermoedelik saam met die twee seuns, wat onderskeidelik 7 en 9 jaar oud was, in 'n kano op die plaasdam op Saterdag, 13 Mei gaan visvang.

Nadat twee kinders wat verdrink het se liggame die afgelope week na ‘n week se soektog gevind is, is die man se liggaam vandag (Sondag, 21 Mei) opgespoor.

NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat polisieduikers die man vandag gevind het.

Hierdie man (29) het vermoedelik saam met die twee seuns, wat onderskeidelik 7 en 9 jaar oud was, in ‘n kano op die plaasdam op Saterdag, 13 Mei gaan visvang toe die kano omgeslaan het.

Polisieduikers is daardie oggend omstreeks 09:40 in kennis gestel van die verdrinkingvoorval.

Dit is nog onseker hoe dit gebeur het. Daar word verwag dat die liggame in die komende week uitgeken sal word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button