Die Carletonviller Gertjie Bothma en sy mede-beskuldigdes in die moord van die bestuurder van ‘n besigheid in Oberholzer vroeër vanjaar sal weer dié week in die hof verskyn.
Die 42-jarige Bothma, sy vriendin, Bianca Erasmus en Donovan Visser sal Donderdag in die Streekhof in Oberholzer verskyn.
Bothma het vir dae lank geweier om hom aan die polisie oor te gee na die moord op mnr. Mr Domingos Antonio Novela, die bestuurder van die Sleepover Gastehuis en Konferensie-fasiliteit in Oranjestraat, op 11 Januarie vanjaar.
Dit het ook intussen aan die lig gekom dat beide Bothma en Visser reeds besig is om saam met nóg beskuldigdes tronkstraf op ander sake van inbrake by besighede uit te dien. Bothma het vroeër die jaar skuldig gepleit op aanklagte van twee sake terwyl Visser op een saak skuldig gepleit het.