Local newsNews
Meer vir petrol, minder vir diesel
Die verandering in die brandstofpryse tree om middernag in werking.
Van môre Woensdag 3 Mei, sal diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud jou 74 sent per liter goedkoper kos, en diesel met ‘n 0.005% swaelinhoud 48 sent per liter goedkoper. Daar is ook groot verligting in gaspryse veral met die winter wat voorlê. Gaspryse word R4,44 per kilogram goedkoper. Paraffien se prys word met 33 sent per liter goedkoper.
Die petrolrys styg egter vir alle grade met 37 sent per liter.
Die verandering in brandstofpryse tree vandag om middernag in werking.
Vir boere, kosvervaardigers en die kleinhandel is die daling in die dieselprys veral goeie nuus gegewe beurtkrag, en is die hoop dat die prysdaling ook sal deursyfer na die hele ekonomie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.