Local newsNews

Student in kamer beroof

‘n Student in Carletonville het die afgelope week ‘n ondervinding gehad was hy liefs sal wil vergeet.

Die student het Saterdag omstreeks 02:00 op sy skootrekenaar in sy kamer in Radiumstraat gesit en werk. Ongelukkig het hy reg langs ‘n venster gesit en booswigte kon van die straat af sien waarmee hy besig is.

Drie onbekende mans het skielik in sy kamer ingestorm. Hulle het sy rekenaar en selfoon gegryp en toe weer weggehardloop.

Na aanleiding van die voorval waarsku die polisie dat inwoners hul deure gesluit moet hou en waar moontlik nie waardevolle items naby vensters sit waar skelms dit van die straat af kan sien nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button