Local newsNews

Net een noodlottige ongeluk oor die Paastyd

Net een noodlottige ongeluk is die afgelope Paasnaweek in die gebied van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit aangemeld.

Volgens die munisipaliteit het die ongeluk Saterdag 8 April gebeur toe ‘n voertuig in Loopspruitlaan in Fochville gerol het. Die bestuurder is in die ongeluk oorlede.

Intussen het munisipale verkeersbeamptes tydens ‘n padblokkade by die N12/R500 kruising op 6 April bestuurders meer bewus van padveiligheid gemaak.

Hulle is gewaarsku om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie, nie hul selfone te gebruik terwyl hulle bestuur nie en by die spoedgrens te hou.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button