Local newsNews

VIDEO: Man kritiek na hy van bakkie afval

Die man is per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling vervoer.

‘n Man (23) het gistermiddag (Sondag, 2 April) ‘n kritieke hoofbesering opgedoen nadat hy van die agterkant van ‘n bakkie afgeval het in Beyers Naudelaan in Potchefstroom.
Video: Mooirivier Beskerming
Die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind. ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming First Responder was op die aanvanklike ongelukstoneel.
Die man is toe verskuif na die sportgronde langs Mediclinic Potchefstroom sodat Rocket HEMS-personeel die man per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling kon vervoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button