Local newsNews

Man beroof wat aflewerings doen

Gewapende rowers is ongelukkig die afgelope tyd al meer in die Carletonville-omgewing bedrywig.

In een van die onlangse voorvalle het ‘n man wat aflewerings op ‘n motorfiets doen, op 22 Maart omstreeks 16:00 op die Bank-pad gery. Hy het naby die Blybank substasie gery toe ‘n VW Jetta skielik langs hom intrek.

‘n Man in die Jetta het ‘n vuurwapen uitgehaal, dit op hom gerig en beduie da thy moet aftrek.

Die rowers het die pakke sigarette wat die man moes gaan aflewer, sy selfoon en al die geld wat hy by hom gehad het, gegryp en weggejaag.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button