News
Kabeldief sterf toe muur op hom val
Minstens een kabeldief het met sy lewe geboet nadat 'n muur vanoggend op plotte by Vanderbijlpark op hom geval het.
Die oorledene en sy makker(s) was besig om kragkabels op die Mantevrede plotte op te grawe toe die muur ineengestort het. Die grussame vonds is vanoggend omstreeks 06:00 deur die eienaar van ‘n aangrensende kleinhoewe gemaak, toe sy alarm wat aan die sy heining gekoppel was afgegaan het.
Volgens een van die omstanders kan daar moontlik nog persone vasgepen wees onder puin, aangesien daar vroeg vanoggend nog hulpkrete te hore was, maar later doodstil geraak het.
Paramedici, polisie en die brandweer is tans op die toneel.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.