News

Kabeldief sterf toe muur op hom val

Minstens een kabeldief het met sy lewe geboet nadat 'n muur vanoggend op plotte by Vanderbijlpark op hom geval het.

Die oorledene en sy makker(s) was besig om kragkabels op die Mantevrede plotte op te grawe toe die muur ineengestort het. Die grussame vonds is vanoggend omstreeks 06:00 deur die eienaar van ‘n aangrensende kleinhoewe gemaak, toe sy alarm wat aan die sy heining gekoppel was afgegaan het.

Volgens een van die omstanders kan daar moontlik nog persone vasgepen wees onder puin, aangesien daar vroeg vanoggend nog hulpkrete te hore was, maar later doodstil geraak het.

Paramedici, polisie en die brandweer is tans op die toneel.

Die toneel waar minstens een kabeldief sy lewe verloor het. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button