EntertainmentLocal newsNews

Nicholis Louw sing oor die vreugde as 2 onwaarskynlike pasmaats se storie reg uitwerk

In sy nuwe lied COCO POPS EN KAAS sing Nicholis Louw oor hierdie verskynsel en trek die metafoor deur na sy verhouding met sy vrou. Die lied beeld die onwaarskynlikheid van sukses tussen twee uiterstes uit

Om verskillende smake met mekaar te versoen bly ‘n kunsvorm op sy eie.  Soms kom hierdie smake uit kossoorte wat jy nie normaalweg saam op een bord sou sit nie.

Daar is egter altyd daardie een persoon wat die waagmoed het om tog hierdie onbekende terrein van smake en teksture te ondersoek. Partymaal is die smake afskuwelik, maar partymaal is dit absoluut hemels.

In sy nuwe lied COCO POPS EN KAAS sing Nicholis Louw oor hierdie verskynsel en trek die metafoor deur na sy verhouding met sy vrou.  Die lied beeld die onwaarskynlikheid van sukses tussen twee uiterstes uit en hoe dit op die einde saamwerk om iets beter te skep as wat die twee afsonderlik was.

Louw verduidelik dat die nostalgiese tyd van sy lewe die inspirasie agter COCO POPS EN KAAS is.  “Dis ‘n ongelooflike kombinasie en COCO POPS EN KAAS was nog altyd my gunsteling kos vir ontbyt.”

Die lied sinspeel verder op vreemde kombinasie van kosse wat veronderstel is om afstootlik  te wees, maar inteendeel is die gekombineerde smaak asemrowend van aard.

Nicholis Louw wat reeds groot bekendheid verwerf het met sy loopbaan, verduidelik dat die nuwe lied deel is van sy oorbrugging na die country genre.  Alhoewel daar ooreenkomste is met sy vorige musiek, sal die lied die oor van bestaande aanhangers begelei tot  sy nuwe klank.

Die lied is geskryf deur Nicholis self en die verwerking is behartig deur Robin Kielly.  Die opgewekte lirieke, melodie en verwerking sal jou vinnig oortuig om saam te sing (soos net Nicholis Louw se musiek kan) en jou aanpor om op te staan en te dans.

Louw wat homself gevestig het as een van ons land se mees diverse sangers, verduidelik dat hy sy musikaliteit uitbrei deur na ‘n verskeidenheid kunstenaars uit verskillende genres te luister.  Sy musiek word beïnvloed deur musikante soos Don Williams, Andrea Bocelli, Garth Brooks, Kenny Rogers en Placido Domingo.

Of jy jou neus optrek vir suiker op roosterbrood of piesang en kaneel, sal jy hou van wat jy hoor met Nicholis Louw se COCO POPS EN KAAS.

Met meer as 10 albums op sy naam en verkope wat die half miljoenmerk vêr verbygesteek het, beloof COCO POPS EN KAAS om spoedig ‘n treffer te word.

COCO POPS EN KAAS is nou beskikbaar op alle digitale musiekstromingsdienste.

Kyk na die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=kqr7n-n5uSg

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button