Local newsNews

Pasop by dié kruising

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit neem steeds nie die veiligheid van padgebruikers in ag wanneer dit by die sny van lang gras kom nie.

Bestuurders wat in Tugelastraat in Carletonville na Coronationstraat ry, moet uiters versigtig by die T-aansluiting van dié twee strate wees.

Die rede hiervoor is dat die gras op die linkerhoek van Tugelastraat waat dit by Coronationstraat aansluit, al vir maande só lank is dat bestuurders glad nie meer aankomende verkeer kan sien nie.

Wat dié hoek nóg meer gevaarlik maak, is dat dit op ‘n hoofroete na Hoërskool Wonderfontein is en om dié rede met tye baie besig is.

Hoewel die Herald die munisipaliteit al telkemale van die uiters gevaarlike lang gras in kennis gestel word, blyk hul nie bekommerd te wees dat mense hul lewens as gevolg hiervan kan verloor nie.

“Die gras sal volgens die skedule waarmee ons steeds besig is, gesny word,” was hul enigste antwoord dié week.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button