Local newsNews
Man sterf toe voertuig op R59-snelweg rol
‘n Man is vroeg Maandagoggend oorlede toe hy beheer oor sy voertuig verloor en die Volkswagen Golf op die R59-snelweg gerol het.
Die ongeluk het Maandagoggend omstreeks 03:00 tussen Redan-afrit en die Pierneef Boulevard-afrit op die R59 naby Vereeniging gebeur.
Die bestuurder van die wit Volkswagen Golf was glo in Johannesburg se rigting onderweg toe hy beheer oor die voertuig verloor het.
Vaalweekblad verneem die insittende van die voertuig het op die toneel aan beserings beswyk en was reeds dood toe insleepdienste en nooddienswerkers by die toneel opgedaag het.
Geen ander voertuie was by die botsing betrokke nie en niemand anders is in die ongeluk beseer nie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.