Local newsNews

Kom kyk unieke vlotte hierdie Saterdag op die JOOLplaas

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees.

Op Saterdag, 1 April gaan die jaarlikse JOOL vlotte ‘n kreatiewe en kleurvolle nuwe baadjie aantrek.

Die vlotte gaan vanjaar op die NWU se Joolplaas vertoon word en sal nie soos vorige jare deur die dorp beweeg nie.

Die unieke vlotte, waaraan studente, dae lank aan gewerk het, kan vanaf 08:00 op die Joolplaas besigtig word.

Foto’s van verlede jaar se JOOL-vlotte

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees. Dit vorm als deel van die bRAGdag wat vanjaar as deel van JOOL plaasvind.

Daar sal teen 07:30 ‘n 5km pretdraf wees. Registrasie begin alreeds 06:30. Kostes is R50 per persoon, terwyl kinders onder 10, gratis sal deelneem.

Kosstalletjies is vanaf 08:00 oop met plaaslike vermaak wat vanaf 10:00 in die biertuin sal plaasvind.

Dit alles beloof om ‘n dag te wees op die kalender wat nie gemis kan word nie.

https://potchefstroomherald.co.za/123521/kom-kyk-unieke-vlotte-hierdie-saterdag-op-die-joolplaas/?fbclid=IwAR1AK6EOLt_mWdsV5_ZkdlBLauG9IJ7__wEvBMv9NiKKbONp3KAg4rhiOl4

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button