Local newsNews

Man hou spesiale graad-1 reunie saam met sy skooljuffrou en oud-klasmaats

Danie Rothman, ‘n bekende rekenmeester van Potchefstroom, het besluit om van sy graad 1 skoolmaats en graad 1 juffrou vir ‘n spesiale 60 jaar reünie bymekaar te bring.

Dit gebeur nie elke dag dat ‘n graad 1-reünie plaasvind nie, maar Danie Rothman, ‘n bekende rekenmeester van Potchefstroom, het besluit om van sy graad 1 skoolmaats en graad 1 juffrou vir ‘n spesiale 60 jaar reünie bymekaar te bring.

Rothman was in 1963 in graad 1 in Laerskool Breyten in Mpumalanga. Sy graad 1 juffrou, Alice Putter (82), noem dat dit juis lekker is om weer ou herinneringe te deel en te sien hoe dit met daardie kinders gaan waarvoor sy skoolgegee het. “Ek het vir 43 jaar skoolgegee en om nou weer na al die jare almal te sien is ongelooflik,” noem sy blinkoog.

Die graad-1 reünie by Danie Rothman se kantore in Potchefstroom Saterdag, 18 Maart was ‘n spesiale geleentheid. Agter is Neels Spies, Danie Rothman, Ben Spies en Gustav van Niekerk. Voor is Soekie Moss, Juffrou Alice Putter, Mandie Stander, Lettie Badenhorst en Santie Jordaan.

Rothman, wat sedert 1987 in Potch woon, vertel dat hy ‘n groep op sosiale media geskep het om weer kontak met sy ou klasmaats te hou. Daar is toe besluit om in plaas van die gewone matriek-reünie, ‘n spesiale graad 1-reünie te hou.

“Dit is baie spesiaal dat daar nog so baie mense uit daardie era mekaar ken en net lekker kan gesels. Almal hier is soos familie. Daar is soveel samehorigheid en vriendskappe wat gesmee is uit skooljare,” sê Rothman.

Uit Rothman se graad 1-groep het Soekie Moss, Santie Jordaan, Neels Spies en Gustav “Ram” van Niekerk die verrigtinge bygewoon. Daar was ook ander leerders van Laerskool Breyten wat dit bygewoon het, onder andere Mandie Stander (1965), Ben Spies (1966) en Lettie Badenhorst (1949).

Daar is ook ‘n spesiale liedjie vir die okkasie geskep en tydens ‘n smullekker braai op hierdie spesiale dag, Saterdag,18 Maart, is die volgende woorde in elkeen se geheue vasgemessel:.

“As ons kuier en lag hier tesame en ons ‘memories’ leef weer ‘n keer, dan verruil ek niks vir hierdie oomblik om dit weer met mekaar te kan deel.”

https://potchefstroomherald.co.za/123239/potchefstromer-hou-spesiale-graad-1-reunie-saam-sy-skooljuffrou-en-oud-klasmaats/?fbclid=IwAR1ETzV1D6uwemQt5N5zmfjVnCxheubfTtUpEi3HycdOF8XqtT4LP4Opedk

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button