Local newsNews

Potchefstromer trap 1 500km vir borskanker

“Op so ‘n toer is jou grootste vrese ‘n slegte val, ‘n kar wat jou stamp, iets groot wat breek op jou fiets, en slange!”

“My fiets saam met al my bagasie het 55 kg geweeg,” sê Stephen Slaughter met ‘n glimlag. Hierdie Potchefstromer het in Desember verlede jaar 1 499.38 km deur die Karoo gery met ‘n pienk fietsryhemp ter wille van borskanker-bewusmaking. Slaughter se ma is aan kanker oorlede. “Mense naby aan my het borskanker oorleef, en van hulle het dit nie oorleef nie.”

Stephen Slaughter, ‘n Potchefstromer, het 1 499.38 km deur die Noord-Kaap gery ter wille van borskanker-bewusmaking.

Stephen vertel hy was op ‘n grondpad toe ‘n ou Isuzu bakkie by hom stop. Die boer het hom vertel dat sy vrou borskanker oorleef het, en hulle het vir omtrent ‘n uur langs die pad gestaan en gesels. Oral waar Slaughter gery het, het mense die pienk hemp herken en vir hom kos en verniet slaapplek gegee. Slaughter het ‘n weermag agtergrond wat hom baie gehelp het om die toer op sy eie te doen.

“Daar was geen rugsteunvoertuig nie. Die doel is om te improviseer wanneer iets verkeerd loop. Dit was vir my baie lekker om alleen te wees en alles op my eie tyd te doen.”

Met onthou in sy oë vertel Stephen dat sy watervoorraad op pad uit Gamkaskloof uit opgeraak het. Hy het aanhoudend gebid, en oor die volgende heuwel was daar ‘n bakkie in die veld waar hy water uit ‘n boorgat gekry het. “Ek is weer eens herinner aan die mag van gebed,” sê Slaughter en vee oor sy oë terwyl hy vertel hoe hy sy bagasie van sy fiets moes losmaak, en alles stuk vir stuk uit die Gamkaskloof moes dra.

Slaughter het langs paaie gelê en slaap. Foto: Stephen Slaughter.

“Ek het vir omtrent twee dae geen sein gehad nie. My familie was baie bekommerd oor my. Daar was mense op Facebook wat my gesoek het, en selfs die SAP was betrokke. “Die stilte was vir my absoluut die mooiste musiek.”

Wanneer Slaughter alleen gevoel het, het hy met homself gepraat. “Daar was omtrent geen sein tussen dorpe nie, dit was net ek en die veld.”

Stephen sê verder dat geraas vir hom vreeslik is, juis as gevolg van sy weermagopleiding.

“Op so ‘n toer is jou grootste vrese ‘n slegte val, ‘n kar wat jou stamp, iets groot wat breek op jou fiets, en slange!”

Slaughter vertel dat hy lief is vir die natuur, maar baie bang is vir slange.

“Ek het die keer nie ‘n bang oomblik gehad nie. Ek het in die aand langs paaie geslaap, al was ek bang vir slange. Ek het maar net gehoop en gebid een daag nie op nie,” sê Stephen laggend. Sy roete was meestal veilig ten opsigte van karre, behalwe vir 10 km wat hy op die N1 gery het aangesien baie trokke op die pad ry.

“Ek het besef ek gaan vassit op die treinspoor en het begin skree om hulp. Niemand het my gehoor nie.” Na vier ure op die treinspoor het Slaughter gebid vir ‘n pad. Hy het ‘n vallende ster gesien en minute later ‘n pad gekry. Foto: Stephen Slaughter.

“Krampe is nog ‘n ding, maar ek was gelukkig. Ek het net een of twee keer krampe in my bene gekry, en dan ook net wanneer ek geslaap het.” Slaughter het Apex se Muscle Up en Hyper Excel produkte gebruik tydens sy toer. “Brandewyn help ook,” lag hy, Dit help om jou kalm te hou.”

Hy noem dat hy graag weer die Munga MTB Resies vir testikulêre kankerbewusmaking sal wil ry. Hierdie resies spring in Bloemfontein weg en eindig 1 080 km later op Doolhof Wyn-landgoed. Elke deelnemer het 120 ure om die resies te voltooi. Hy beoog om dit ten bate van die Pink Drive te ry, as ‘n fondsinsameling vir kanker. Inskrywingsgeld vir die Munga is tans R35 000. Slaughter beplan om die eerste R34 000 te gebruik vir sy inskrywingsgeld en die res te skenk aan die Pink Drive.

Hy beplan om sy eie reis- en verblyfkostes te dek. Skakel of los ‘n boodskap by 083 663 3091 om meer oor skenkings uit te vind.

https://potchefstroomherald.co.za/122268/potchefstromer-trap-1-500km-vir-borskanker/?fbclid=IwAR2GiylitkCE5elaW1Um2v3Lv7W7RMaINkj8paSaJsIS9ub8HvFF8mUlQ6E

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button