Inwoners wat by die hoek van Munt- en Kortstraat in Fochville woon, kla al vir ‘n geruime tyd dat morsjorse hul gemors op die oop erf op hierdie hoek kom gooi.
Van hierdie rommelgooiers is mense wat in die omgewing woon en net te lui is om hul rommel na die vullisterrein te neem.
Hoewel die Fochville vullisterrein in ‘n haglike toestand is, is dit nie langs woonhuise nie.
“Hoe sal hierdie mense voel as ander mense hul gemors voor hulle huise kom gooi?” het die bejaarde mev Yvonne de Beer, wat in die gemors moet vaskyk, onlangs gewonder.
Behalwe vir die rommel, lek riool ook uit ‘n mangat op die sypaadjie.
Hier is ‘n video van hoe dit vanmiddag op die hoek gelyk het:
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.