Local newsNews
KYK: Rivierlapa stort ineen weens krag van rivier
Groot skade is die naweek aan eiendomme langs die Vaalrivier aangerig nadat nog sluise by die oorvol Vaaldam oopgetrek is.
In ‘n voorval Sondagmiddag (19 Februarie 2023) het ‘n rivierlapa langs die Vaalrivier by Vereeniging ten aanskoue van toeskouers ineengestort nadat die struktuur meegegee het weens die sterk stroom.
Daar was ‘n gekraak en oomblikke later het die dak ingegee en met die rivier afgedryf.
In die nabye omgewing het ‘n watersport-entoesias met sy jetski rondgery – ten spyte van waarskuwings deur owerhede aan die publiek om van die water af weg te bly.
Volgens die jongste syfers wat deurgegee is was die Vaaldam teen Sondag (19 Februarie 2023) 113.7% vol met ‘n invloei van 2 869m³/s met ‘n uitvloei van 2 188m³/s.
Daar is tans 12 sluise by die Vaaldam oop.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.