Local newsNews

Oud-onderwyser komende Saterdag ter ruste gelê

Noordwes polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het bevestig dat niemand nog in verband met mnr. Bekker se moord in hegtenis geneem is nie.

Mnr. Charl Bekker (74), die oud-onderwyser en boer wat koelbloedig op sy plaas vermoor is,
word Saterdag, 18 Februarie ter ruste gelê.
‘n Roudiens word om 11:00 vanuit die Nederduits Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos op die hoek van Burger- en Lanyonstrate in Bailliepark gehou.

Die Herald het verlede week oor die moord op mnr. Bekker berig nadat hy en sy vrou Elzabe (70) Donderdag, 2 Februarie op hul plaas aangeval is.

Mnr. Charl Bekker word Saterdag, 18 Februarie ter
ruste gelê.

Mnr. Bekker is vermoedelik deur sy werkers op sy plaas vermoor.

Noordwes polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het bevestig dat niemand nog in verband met mnr. Bekker se moord in hegtenis geneem is nie.

Die gesteelde voertuig is ook nog nie gevind nie.

https://potchefstroomherald.co.za/121082/oud-onderwyser-saterdag-ter-ruste-gele/?fbclid=IwAR3E1uSKkuL_cgFr381oJeW4RxcQXVwIirByQPW_DGMwq0SFOkAeN-qwbtI

Related Articles

Back to top button