Local newsNews

Video: Pad na Fochville vullisterrein al nouer

Dit word ál moeiliker vir inwoners van Fochville om by dié dorp se vullisterrein uit te kom.

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit gee al vir jare nie die nodige aandag aan die vullisterrein nie. Dit het veroorsaak dat al meer morsjorse hul rommel op die pad na die terrein gooi.

Iemand het onlangs ook ‘n klomp bourommel langs die pad naby die munisipale voertuig toetsstasie gegooi. Dít, saam met allerlei ander rommel, het vanmiddag nie net die sypaadjie vol gelê nie maar lê ook al verder in die pad self.

Al meer riool dam ook op die hoek tussen die gemors op.

Hoewel die munisipaliteit keer op keer belowe dat hulle “binnekort” iets aan die probleme gaan doen, word die gemors net al erger.

Hier is ‘n video van hoe dit vanmiddag op die pad na die vullisterrein gelyk het:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button