News

Hoërskool Driehoek – Die hemele huil saam

'n Gedenkdiens en kranslegging is op 1 Februarie by die Hoërskool Driehoek gehou.

VANDERBIJLPARK. – 1 Februarie 2019. ‘n Dag wat in ons geheue vasgebrand is.

Die dag wat ‘n brug by Hoërskool Driehoek geval het. Talle is beseer. Vier het gesterf.

Vandag, vier jaar later, is die dag weer herdenk met ‘n gedenkdiens en ‘n kranslegging.

Die gedenkteken waar daar elke jaar ‘n kranslegging gehou word op 1 Februarie. Foto: Gerda Bruinette

Die groep leerders wat die ramp as Graad 8’s beleef het, is nou in matriek.

Die seer lê nog vlak. Die hartseer was groot by die kranslegging waar die matrieks in stilte in die reën vergader het.

Ons harte gaan uit na elke leerling, ouer, die hoof en onderwysers. Ons dink aan julle.

‘n Volledige berig sal in die Herald se susterkoerant, Vaalweekblad, se uitgawe van 8 Februarie gepubliseer word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button