Local newsNews

Soektog in Walkerville nadat tier ontsnap

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Vereeniging en Vanderbijlpark sê daar word gesoek na 'n tier wat glo ontsnap het.

Die dier is glo deur ‘n privaat inwoner aangehou maar het ontsnap.

Volgens kol. Dimakatso Sello, ‘n polisiewoordvoerder, het die dier uit sy hok ontsnap en ‘n 39-jarige man en sy hond aangeval.

Cert-SA sê hulle het ongeveer 10:50 Sondag gereageer nadat ‘n man in die Highbury-omgewing deur die tier aangeval is.

“Met aankoms het ons die manlike pasiënt en sy hond aangetref. Albeie het verskeie bytwonde gehad.

“Die pasiënt is op die toneel behandel en deur ER24 na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

“Die hond is ernstig beseer en is op die toneel deur lede van die DBV uitgesit,” lees ‘n uittreksel uit ‘n verklaring wat deur Cert-SA uitgereik is.

Daar word geglo dat die tier na ‘n nabygeleë plaas ontsnap het toe die draad gedurende die nag geknip is, vermoedelik deur inbrekers.

Die tier het glo ontsnap toe inbrekers die draad geknip het. Foto: Verskaf
Die tiere is in ‘n omheinde kamp op die eienaar se kleinhoewe in Walkerville aangehou, maar het glo ontsnap toe inbrekers vermoedelik die draad geknip het. Foto: Verskaf

Plaaslike owerhede soek tans na die dier en hoop om haar te vang.

Lede van die plaaslike buurtwag, die DBV en die polisie is glo op die toneel.

‘n Polisiehelikopter help ook soek vir die dier.

Inwoners van Walkerville word gevra om die DBV by 083 292 5862 te skakel indien hulle die dier gewaar.

Inwoners word ook gevra om weg te bly van die dier aangesien sy gevaarlik is.

‘n Helikopter soek vir die ontsnapte tier. Foto: Facebook/CERT-Sa : Parys / Vaal
Lede van die plaaslike buurtwag, die DBV en polisie by die toneel waar ‘n man en sy hond aangeval is. Foto: CERT-Sa : Parys / Vaal

Soektog in Walkerville nadat tier ontsnap

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button