Local newsNews

Geen hulp van Merafong met probleem-erwe

Inwoners in die suidelike deel van Fochville sit met hul hande in hul hare oor verskeie oop erwe.

Volgens bekommerde inwoners is die oop erwe in veral Siebertstraat ‘n groot probleem. Nie net lyk dit soos ‘n oerwoud nie, maar mense gooi ook hul huishoudelike rommel daar.

Die erwe is al só oorgroei dat onwettige plakkers met tye daar probeer intrek.

Die Herald het vandag die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit oor die probleme gekontak.

Volgens die munisipale woordvoerder behoort die erwe aan privaat eienaars en moet dié eienaars die blaam en verantwoordelikheid vir die probleme dra.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button