Local newsNews

Bejaardes in Fochville kort hulp met water

Bejaardes in die Fochville Aftree Oord moet al vir dae sonder lopende water oor die weg kom.

Die feit dat Rand Water dorpe in die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit se waterdruk as gevolg van die munisipaliteit se wanbetaling inperk, skep veral probleme in Fochville. Inwoners van die hoër deel van Fochville spook al van Dinsdag af met droë krane.

Die SAVF se Fochville Aftree Oord het dieselfde probleem.

“Ons oumense sit sonder ‘n dooie druppel water. Dit skep baie probleme.  Die mense in die versorgingseenheid se linne moet byvoorbeeld elke dag gewas word, en ons kan dit nie sonder water doen nie,” sê die instansie se bestuurder, me. Lynette Eybers.

Volgens Eybers het hul wyksraadslid, Lyndy Maritz, wel vining gereël dat die munisipaliteit elke oggend vroeg met ‘n watertenk na die aftree-oord toe kom en dat inwoners se waterkanne voor hul huisies volgemaak word. Sy is ook net vol lof vir Leah Moelane van die munisipaliteit wat elke dag seker maak dat die vragmotor wel opdaag.

Bykans ‘n honderd van die aftree-oord se 245 inwoners is egter óf bedlêend in afdelings soos die versorgingseenheid óf nie sterk genoeg om self te gaan water haal nie. Van die ander inwoners moet ook met kieries of looprame oor die weg kom en sukkel om water aan te dra sodat hulle byvoorbeeld kan stort.

Sommige boere en besighede het ook al water vir drink- en ander doeleindes geskenk.

Hoewel water teen middagete in die kantoorgebou se krane terug was, was daar nog nie weer water in die krane by inwoners se huisies nie.

Mense wat die Afree Oord wil help, kan hul kantoor by 018 771 6120 skakel.

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button