News

Motorfiets-egpaar ernstig beseer na ongeluk met trop koedoes

Beide Martin (adjunkpresident van Potch Bulldogs Motorfietsklub) en sy vrou, Janine, sterk tans by 'n privaat hospitaal in George aan na hul operasies ondergaan het.

Die adjunkpresident van Potch Bulldogs Motorfietsklub, Martin Nass en sy vrou Janine, is ernstig beseer nadat ‘n trop koedoes voor hulle op die N1 naby Drie Susters ingehardloop het.

Die Nass-egpaar was saam ‘n ander egpaar, Max en Sam Larue (Christian Motorcyclists Association: Gauteng-Noord tak), op pad na Pretoria en Hartbeespoortdam toe die ongeluk omstreeks 07:00 op Dinsdagoggend, 20 Februarie plaasgevind het. Altwee egpare het beheer oor hul twee BMW GS-motorfietse verloor.

Martin en Janine Nass was verlede week op die N1 in ‘n motorfietsongeluk betrokke na hulle van ‘n Christian Motorcyclists Association Freedom Road Rally terug huiswaarts gekeer het. Foto: Potch Bulldogs/Facebook.

Hy was saam met Janine en die Larue-egpaar in die Wes-Kaap vir die jaarlikse Freedom Road Rally in Saldanha wat die Wes-Kaapse takke van die CMA aangebied het.

Die CMA Wonderboom het die nuus aanvanklik op sosiale media gedeel en gevra vir ondersteuning en gebed rondom die herstel van die egpare.

Samantha Larue en Janine Nass.
Max Larue (president van die CMA Gauteng-Noord tak) en Martin Nass. Albei was in die ongeluk betrokke.

Volgens die plasing het Martin sagte weefsel skade opgedoen, terwyl sy ribbes ook gebreek is. Sy linkerskouer en gewrig het ook seergekry. Janine se gewrig, enkel en knie is gebreek wat ook geopereer moes word. Max se been en bekken is gebreek, terwyl Samantha se been ook gebreek is. Die Larue’s herstel tans by ‘n hospitaal in Beaufort-Wes.

Albei Martin en Janine herstel tans van hul beserings by ‘n private hospitaal in George. Hul is van ‘n hospitaal in Beaufort-Wes oorgeplaas om operasies in George te ondergaan.

Die president van Potch Bulldogs, Jannie Delport, noem dat Martin en Janine al albei 5 jaar aktief lede van die klub is.

“Ons klub bly maar net bid vir vinnige beterskap en dat die herstel proses so spoedig as moontlik sal geskied,” sê hy.

Motorfiets-egpaar ernstig beseer na ongeluk met trop koedoes

Related Articles

Back to top button