Local newsNews

Jaguars reg vir 2024

Ons area se eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, is reeds hard aan die oefen om hulle vir vanjaar se vol program voor te berei.

Spelers het reeds op Dinsdag 2 Januarie by die Gert van Rensburg-sportvelde in Fochville begin oefen.

Die klub speel weer in die Goue Leeus rugby-unie se Senior Grand Challenge liga.

Die Jaguars se eerste ligawedstryd gaan op 13 April plaasvind wanneer hulle teen die Union Knights of die Wasps gaan speel.

Hul speel dan weer op die 19de teen Diggers en op 4 Mei teen Randfontein of Wanderers.

Ander wedstryde in Mei sal op die 10de teen Khoza, op die 17de teen Harlequins en op die 25ste teen Kagiso wees.

Junie se aksie begin op die 1ste wanneer die Jaguars teen Germiston Simmers te staan sal kom.

Hulle sal dan weer op die 8ste teen Union Knights of Wasps te staan kom. Die tweede rondte van die liga sal op 22 Junie begin.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button