Local newsNews
Video: Brand by besigheid in Carletonville
Nooddienste is tans besig om ‘n brand by ‘n besigheid in Carletonville se nuwe industriële gebied te probeer blus.
‘n Brand is besig om by Tecc Oil in Haulagestraat in die industriële gebied te woed.
Die brandweer en ander nooddienste is op die toneel en het om veiligheidsredes ‘n deel van die straat toegemaak.
Rook van die vuur kan ver gesien word.
Dit is onseker wat die brand veroorsaak het en of enige iemand beseer is.
Hier is ‘n video wat deur ‘n lid van die publiek geneem is:
Nog ‘n kort video van die gevaarlike brand:
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.