Local newsNews
Fochvillers Sondag sonder krag
Inwoners van die Fochville-omgewing moet voorsiening maak dat hulle dié Sondag nie krag gaan hê nie.
Volgens ‘n kennisgewing wat vanmiddag deur die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit uitgestuur is, wil Eskom nood-herstelwerk aan dié area se elektrisiteitsnetwerk doen.
Die herstelwerk sal veroorsaak dat die dorpe se krag van 08:30 tot 14:00 af gaan wees
Inwoners word egter gewaarsku dat hulle die elektrisiteitsnetwerk ten tye van die herstelwerk steeds as ‘lewendig’ moet beskou.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.