Local newsNews

Biker van Carletonville sterf tragies

Wat veronderstel was om ‘n dag se ontspanning te wees, het gistermiddag in ‘n tragedie ontaard toe ‘n biker van Carletonville in ‘n ongeluk net buite ons area dood is.

Volgens ‘n vriend en mede-biker, mnr. Johan Janse van Vuuren, het  Armand Murphy omstreeks 11:00 saam met hom en ander vriende gery toe die ongeluk net buite Parys op die Potchefstroom-pad plaasgevind het.

Janse van Vuuren, wat agter Muphy gery het, sê Murphy het om ‘n draai sowat sewe kilometer buite Parys gegly. Hy is op die toneel oorlede.

“Hy was ‘n baie groot familiemens, ‘n ware hartsmens gewees,” vertel Jansen van Vuuren oor sy vriend.

“Hy was ‘n baie goeie vriend vir baie, ‘n hero vir sy twee seuns gewees en ‘n fantastiese man gewees vir sy vrou,” het ‘n kennis op WhatsApp gesê ná die nuus van sy dood versprei het.

Murphy het by ABC Motorspares gewerk.

Die Herald se innige meegevoel met sy familie en vriende.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button