Local newsNews

Liggaam van onbekende man gevind

Die polisie in Carletonville soek na inligting na die liggaam van 'n onbekende man langs die Bank-pad gevind is.

‘n Man was op 24 Oktoer besig om na skrootmetaal naby die afdraai na Blybank te soek toe hy omstreeks 11:40 op die liggaam van ‘n onbekende man afgekom het.

Hy het dadelik die polisie van die liggaam in kennis gestel.

Hoewel die polisie kon vasstel dat die man oorlede is a hy in die kop geskiet is, het sy liggaam ongelukkig al begin ontbind, wat dit onmoonlik maak om meer uit te vind.

Enige iemand wat dink dat hulle inligting het wat die polisie met hul ondersoek kan help, moet Kol Mossie Mostert van die Carletonville Speurtak kontak.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button