Local newsNews

Ma en dogter in huis aangeval

Rowers slaan steeds by huise naby oop velde en parke in Carletonville toe.

In ‘n voorval dié week is ‘n ma en dogter op 24 Oktober by hul huis in Usutustraat aangeval.

Die 62-jarige ma het omstreeks 12:30 in hul woonkamer gesit toe sy hoor hoe iemand die voorste sekuriteitshek oopbreek.

Sy het om hulp geroep en haar dogter (39) het aangehardloop gekom om te help.

Twee onbekende mans, een met ‘n vuurwapen en die ander met ‘n mes, het in die huis in gestorm en die hek se afstandbeheer geëis.

Die skelms het toe die hek vir hul makker oopgemaak en die drie het verskeie elektriese en ander ware gesteel. Hulle het die vroue met kabelbinders vasgemaak en gelukkig weggejaag sonder om hul seer te maak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button