Local newsNews

Fochies presteer by Carletonville Kunsfees

Tydens die afgelope Carletonville Kunsfees het die leerders van Hoërskool Fochville weer gewoeker met hulle talente.

Hoërskool Fochville spog met 11 leerders wat in nie minder nie as 37 kategorieë as die wenners aangewys is.
Ons is voorwaar dankbaar en baie trots op hierdie leerders. Beide die spreekkore van Hoërskool Fochville was ook kategoriewenners.
Spesiale vermelding kan hier gemaak word van Melanie Kleyn wat 15 kategorieë gewen het asook aangewys is as die wenner van die Bugemeesterstrofee. Dit is voorwaar ‘n wonderlike prestasie. Sy het ook ‘n spesiale toekenning ontvang vir haar getroue deelname aan die kunsfees oor 13 jaar.
Die deelnemers het presteer in die Afrikaanse- , Engelse-, Vokale-, Instrumentale- asook die Kunsafdeling.
Die Engelse spreekkoor het ook 100% vir hul deelname gekry.
Hierdie talentvolle groep leerders, van gr. 8 tot 12, het geskitter op die verhoog. Die beoordelaars se enigste kritiek was dat dit te gou verby was. Die spreekkoor was dan ook die kategoriewenner vir hoërskole se Choral verse-afdeling. Hulle het pragtig gelyk en baie duidelik gepraat en die gehoor vermaak met ‘n anderse weergawe van Little Red Riding Hood – ‘n meisie met wie jy nie moet sukkel nie – gekryf deur Roald Dahl.
Dit was lekker kreatief met liedjies en bewegings in die teks ingewerk.
En as jy dalk eendag in die woud loop, kyk uit vir me. Rooikappie met haar jas van wolfpels, want dié meisie vat nie nonsens van ‘n wolf nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button